• Reël ’n allergietoets by jou dokter. • Sny alles met dierevleis uit. Dit sluit in skaap, bees, vark, bok en selfs wildsvleis, maalvleis, wors, spek, kouevleis, biltong en droëwors. Ook gelatien (dikwels in lekkers, stafies, jellie en yskasterte).
• Sny gekoopte kos met die volgende op die voedseletiket uit: aspic, albumin, gelatin, added animal fat, tallow, lard, natural flavourings, rennet en collagen. Jy kan moontlik ook reageer op stearic acid en magnesium stearate, wat wyd in grimeermiddels, skoonmaakmiddels, sjampoes, sepe, opwassepe, kerse en selfs in lekkergoed gebruik word.
• As jy ’n allergiese reaksie het Vir mense met ’n ligte reaksie is ’n antihistamien voldoende. Maar as jy asma kry en/of opswel, hou ’n allergiepen byderhand in geval jy in anafilaktiese (dodelike) skok gaan.…