Iets heeltemal anders: ’n Inisiatief wat in Johannesburg begin het, is nou ’n wêreldwye verskynsel: die Night of a 1 000 Drawings. Sedert daar in 2006 begin is om Paballo ya Batho (’n organisasie wat op kinderonderrig fokus) te help, het Night of a 1 000 Drawings oraloor posgevat, met deelname in Kaapstad, Bloemfontein, München, Berlyn, Kopenhagen, Doebai, Hongkong, Australië, Toskane, Amsterdam, Denemarke en selfs in Los Angeles.
En die kern-idee agter dié aktiwiteit/e? Word deel van ’n wêreldwye familie met dieselfde waardes: opvoeding, hulp, die ontdekking van nuwe kunstenaars … en dit alles vervullend en vir ’n goeie doel: kinderonderrig.
Hoe neem jy deel? Dis maklik. Maak en skenk ’n skets, ’n foto, ’n skildery, beeld, stikwerk, mosaïekwerk, borduurwerk, doodgewone krabbel … eintlik enigiets, so lank dit A5-grootte is.…
