Leonor Breytenbach (41), skrywer, Kaapstad Ek is geseënd met vriende wat my aangeneem het - in hul familie, asook in hul huis! So, Kersfees is saam met my “sielsfamilie” met baie lag, sonskyn en heerlike etes. Ek is mal daaroor om geskenke vir mense te maak, en selfs die toedraai daarvan is deel van die pret. Dis ’n liefdesdaad. Geen Kersfees is reg sonder om ’n Kersdiens by te woon nie. Dit is immers ’n Christusfees waar ons Sy geboorte en genade vier.
Natasha Combrink (22), student, Upington Ek en my man kuier dié Kersfees by my ouers. Ons gaan ’n dankbaarheidsfees hou, pleks van die gewone Kersfeesvieringe. My ma beplan alles, en hoewel ek min weet, weet ek dit gaan diep spore in ons elkeen se hart los.
Marinda…
