• VIR ’N ALGEMENE OORSIG VAN DIE BELANGRIKSTE GENE: 3x4 Genetic Test (R4 999), GeneWell (R3 910), Genecombo (R4 545), Wellness Gene Screen (R3 950) en DNA Health (R4 590). Hierdie soort omvattende toetspanele soek na al die gene waarvoor elkeen van die maatskappye toets, en evalueer die implikasie vir jou hart, jou brein, selle, metabolisme, inflammasie, sportpotensiaal en –risiko’s, diabetes, kankerrisiko (maar nie vir spesifieke kankers nie) en so aan. Jou sensitiwiteit vir sout, suiker, kafeïen, estrogeen en yster word ook uitgewys.
• AS JY AL JOU GENE MOET LEES: Whole Genome Gene Screen (R11 610). Die WES-(whole exome sequencing) tegniek is een van die nuwe korter, vinnige en bekostigbare maniere om jou volledige geneprofiel te bekom.
• DIE BESTE DIEET: DNA Diet (R4 590), GeneDiet (R3 220), DNA…