Vegetaries?
Jou hooftekorte is veral vitamien B12, omega-3’s en yster. Veganiste moet ook aan ekstra kalsium dink. Met dié vier riglyne kan jy net so goed gevoed – en selfs gesonder – wees as enigiemand anders. Jy kan dit boonop met doodgewone kossoorte laat werk. • Eet dié maklike proteïene Jy het eintlik maar net 50-70 g proteïene per dag nodig. Buiten eiers bevat al jou melkprodukte, neute en sade proteïen. As jy pap, brood, kaas, jogurt, melk, grondboontjiebotter, sousbone, groenbone, ertjies, spaghetti, macaroni, pizza en geblikte boontjiesoorte eet, kry jy waarskynlik genoeg proteïene. Wees veilig en eet elke dag ’n eier ook.
• Sluk ’n vit. B12–pilletjie Dit is waarskynlik jou grootste probleem, want plante gee jou nie vitamien B12 nie. Daarsonder gaan jy op die lang termyn senuweeskade…
