Afgesien van die gebrek aan geselskap, behels agt optredes in tien dae nogal baie fisieke werk VIR DIE EERSTE KEER in baie jare het ek onlangs ’n plattelandse konsertreis stokalleen afgelê. Sonder hulp, sonder reisgenoot – net ek, elf dae lank, met agt vertonings om te lewer.
Op sulke toere vergesel ’n roadie my normaalweg. Dis iemand wat die bakkie bestuur, hulp verleen met die laai en opstel van klanktoerusting, en bowenal, lekker geselskap op die pad is. En sy storie agter ’n kar se stuurwiel ken.
Ek het die gewone kandidate gekontak, maar elkeen het reeds ander verpligtinge gehad.
Toe besluit ek om die trippie maar op eie houtjie aan te pak. My roete het gestrek van Stellenbosch na Swellendam, en vandaar na Oudtshoorn, Wildernis, George, Knysna, Prins Albert,…