op die Kaapse Vlakte. Maar moenie ’n fout maak nie, die fliek gaan nie oor bendes nie. Die storie, wat hoofsaaklik vanuit Randal se woonstel vertel word, is slim saamgestel om die opbouende spanning en gevoel van wanfunksie in die fliek enduit te handhaaf. ’n Egte misdaadriller!
Die talent van verskeie plaaslike akteurs, onder wie Sandi Schultz (Binnelanders, Noem My Skollie), Deon Lotz (Hansie, Faan se Trein), Elton Landrew (Dis ek, Anna, Dryfsand, 7de Laan), Ephraim Gordon (Class Act), Danny Ross (Broken Vows, Suidooster), David Manuel (The Outsiders, Noem My Skollie) en Amrain Ismail-Essop (This Life, Forgiveness) word ten toon gestel. Monique Rockman beïndruk ook in haar eerste hoofrol op die silwerdoek. Die fliek word op 1 Junie deur Ster-Kinekor uitgereik.
DEADPOOL 2 Met inagneming van die feit dat
NOMMER…
