Paasnaweke word gewoonlik gekenmerk deur uitvoerings van George Frideric Händel se epiese Messias (1741), waarvan die libretto ’n jaar later deur die Engels-man Charles Jennens uit die St. James-vertaling van die Bybel geneem en by die musiek aangepas is. Dit word beskou as een van die grootste werke tot nog toe, en is sedertdien al op verskeie wyses geïnterpreteer, waarvan die 1992-verwer-king van Quincy Jones et al, A Soulful Celebration, seker die bekendste is. Hulle het die werk eietyds gemaak, kompleet met slawemusiek, rock, gospel, jazz en soul. Dit het daartoe gelei dat die werk ’n heroplewing onder die Amerikaanse jeug gehad het met verskeie spiraalelemente op die koop toe: dansproduksies, poësie, R&B en meer. Vanjaar takel die Mosaïekteater se produksiemaatskappy dié uitdagende musikale stuk op ’n eg-Suid-Afrikaanse manier, met…
