Deur ANET SCHOEMAN anet@marques.co.za
RATS KARNALLIE
Die Mazda 2 gaan die wind uit jou seile neem met sy ratse hantering en mooi afwerkings. Hierdie kompakte luikrug staan beslis sy man tussen die kwaai kompetisie van die Ford Fiesta, VW Polo, Renault Clio, Kia Rio, Hyundai i20 en Opel Corsa in hierdie B-segment. Ek was heeltyd bewus van hoe gewillig die enjin voel en die standaardweelde was rojaal: ABS-remme, voorste lugsakke, lugreëling, drukknoppie om aan te skakel, klankstelsel met USB/ Aux-sokke, elektries beheerde vensters, ritrekenaar, afstandbeheerde sluitstelsel en teleskopiese verstelling van die stuurwiel. Daar is ses modelle, waarvan vyf die 1,5-petrolenjin het en die Hazumi (teen R294 600) die enigste dieselmodel is. Pryse begin by R209 800 vir die intreemodel, die Active.
As jy ’n kanniedood 4x4…