Die oorspronklike groen blommegeur van Miss Dior is in 1947 geskep. In 2017 het die parfumeur Francois Demachy ’n nuwe interpretasie, MISS DIOR EAU DE PARFUM (R1 575 VIR 50 ML, R2 220 VIR 100 ML, R2 775 VIR 150 ML), geskep. Die kenmerkende, oorspronklike geur is steeds herkenbaar, maar dis nou lewendiger en meer modern. Die nuwe geur is ’n ode aan die liefde, en het onder meer wilderoos, Turkse Damaskusroos en Grasse-rose as bestanddele.
In 1996 is ELIZABETH ARDEN 5TH AVENUE geskep met dié wêreldbekende straat as inspirasie. Die geur is bestempel as die fyngeur vir die suksesvolle, elegante vrou. Die jongste 5TH AVENUE-GEUR, UPTOWN NYC EDP (R495 VIR 75 ML), is weer eens ’n gesofistikeerde geur met pienkpeper, kersiebloeisels, magnolia, groen klimop, vanielje, sandelhout en muskus.
Die…