Gehalte en eerlikheid is van die gesinswaardes wat ook in ons onderneming sigbaar is,” sê die 81-jarige gravin Isabelle d’Ornano. Die op-en-wakker en uiters stylvolle vrou is steeds elke dag op kantoor en lees weekliks elke Sisleyverkoopsverslag. En dis geen geringe takie nie, want dié plantgebaseerde skoonheidsreeks is in meer as negentig lande beskikbaar.
Haar seun, Philippe, is deesdae aan die stuur van sake, en haar dogter Christine, wat uit Londen werk, is die vise-president en sy sien ook na die groep se internasionale bemarkingstrategie om.
“Omdat ons gesin en die maatskappy onlosmaaklik deel is van mekaar kan ons nie iets sê wat ons nie kan bewys nie. Ons baklei gereeld met ons bemarkingsafdeling hieroor, want ons is ’n skoonheidsmaatskappy, ons maak nie medisyne nie, al gebruik ons aktiewe plantbestanddele,”…
