H y het al met Nelson Mandela, Arnold Schwarzenegger, Bill Clinton en die beeldskone Sophia Loren onderhoude gevoer, maar as jy akteur, aanbieder en vervaardiger Hannes van Wyk vra wie hy die meeste bewonder, is dit sy ma,
Mariet van Wyk (83), wat in ’n aftree- oord op Aliwal-Noord woon. Hierdie gewilde Kwêla-aanbieder se boek, Vroue na aan my Hart (Human & Rousseau), vier nie net die lewe van sy ma nie, maar ook dié van talle vroue wat deur die jare sy loopbaan en lewe gekruis het, soos Emsie Schoeman, Carike Keuzenkamp en Elize Cawood.
Ons het hom leer ken as Krynauw in Egoli: Plek van Goud (1991) en daarna het hy rolle in reekse en flieks ingeryg, soos in Susanna van Biljon, Vallei van die Sluiers, Manakwalanders, Torings…
