ELDERS
Erns Grundling (Queillerie)
In 2015 is dié gesoute joernalis Europa toe om die Camino Francés, die bekende pelgrimstog in Spanje, te gaan stap. Hy is onvoorbereid, oorgewig, beseer en onfiks. Daarby is hy volledig ontnugter deur homself, die liefde en die lewe ook. Elders vertel die verhaal van sy staptog van 1 025 km oor veertig dae, sonder ’n selfoon, kamera of horlosie. In ’n tyd wat ons almal toenemend onder beleg voel weens die onmiddellikheid van selfone en sosiale media, ontdek hy die ware betekenis en beloning daarvan om in die oomblik te leef. Hy raak meer as een keer verlief, loop sy dubbelganger raak, beleef ’n reeks avonture en ontmoet kleurryke karakters, skud meer as tien kilogram af en kom tot waardevolle nuwe insigte langs hierdie eeue…
