Is dit vir jou maklik of moeilik om ‘in die oomblik’ te leef en jou volle aandag aan iets te gee?
Anny van Aswegen (37), persoonlike assistent, Rustenburg Baie mense leef óf in gister óf in ’n vooruitsig, soos ’n verjaarsdag of vakansie. Ek is soos ’n spons en bogenoemde is my water. Hede is iets wat ek moet aanleer weens my hewige werkskedule. Dit is belangrik om nóú te lewe, want tyd is geleen, maar geld bepaal baie en dra gewig.
Nadia Mans-Kemp (30), lektor, Stellenbosch Ek het ’n tyd gelede ’n persoonlike katarsis beleef en besef ’n mens moet elke goue oomblik geniet. Die lewe is soos ’n seepbel, en as die mooi borrels verbykom, moet jy in verwondering kyk en glimlag, anders gaan dit ongesiens by jou…
