As jy geld het om een ding aan jou voorkoms te verander, wat sou dit wees?
Jenny Oosthuizen (44), voltydse ma en administratiewe hulp vir haar man, Pretoria Ek sal die babarolletjie om my maag laat verwyder. Ek werk hard om gewig te verloor en dit af te hou, al gaan dit soms moeilik in die winter, maar die hardnekkige rolletjie bly klou! Die maagoefeninge saam met my dogtertjie maak die spiere stywer, maar ai, die rolletjie sit!
Carene Malan (29), finansiele adviseur, George As ek baie geld gehad het, sou ek graag my bobene wou laat kleiner maak. Ek oefen hard en eet gesond, maar my ronde bobene is maar geneties. Ek sal eers verby my man moet kom, want hy is alte lief vir my voorkoms en vroulike…
