Wat is lipodeem? Of is dit lipoedeem?
Lipodeem is ’n kwasi-wetenskaplike term sonder bestaansreg. Die regte terme is edeem, limfedeem, en limfedeem van die vetweefsel.
“Edeem” is die abnormale terughouding van vog, of limf. Dit lei tot swelling van die aangetaste dele, wat enige deel kan wees - van pofsakkies om jou oë tot geswelde enkels. Van muskietbyte tot allergiese reaksies, swangerskap, nierversaking, hartkwale en medikasie kan edeem veroorsaak.
Net soos jy bloedvate het wat bloed vervoer, het jy ook limfvate wat die vog (limf) om jou selle en organe in die rigting van jou hart wegvoer, en so sak die swelling geleidelik.
As jou limfstelsel swak ontwikkel of beskadig is, hoop die limf oor jare op. Ons noem hierdie swelling limfedeem.
Wanneer vloeistof in jou vetweefsel opbou, het jy…