KAN JY DIT GLO?
Ons eie Keith Richards, daardie musikant wat net aanhou optree, skep en verras, het pas sewentig geword. Anton Goosen vier vanjaar sy byna halwe eeu op viniel, kasset, CD, video en, natuurlik, die verhoog. Suid-Afrika se grootste Liedjieboer het diep, diep spore in ons kollektiewe musikale geheue getrap. En dit hou nie op nie! Luister maar na die nuwe Ingrid Jonker-juweel en jy sal hoor. Hy het ook onlangs die temalied vir die trefferfliek Paw-paw vir my Darling geskryf.
Onthou nou maar liedjies soos “Jantjie”, “Byeboerwa”, “Perskereën”, “Bring vir die harlekyn nog wyn”, “’n Vis in die bos” en - ’n persoonlike gunsteling - “Moya”, wat hy vir sy dogter geskryf het.
Wel, op sewentig kyk jy na Anton en dit lyk of die tyd begin…