Jy sal nie glo wat jy deesdae per drup kan kry nie. Vitamiene. En dan moet jy hoor waarvoor.
Dinge soos ’n Skin Lightening Infusion om donker velle ligter te maak, The Party Girl Drip vir jy weet wat en ’n Memory Booster Perfect for Exam Time vir studente en matrikulante. Al drie te kry by Light Sculpt Aesthetic Clinic in Johannesburg.
Die aanbiedings van die Renewal Institute, ’n skoonheidskettinggroep wat vel-, gesondheid-, brein- en liggaamsvernuwing insluit en takke in al die groot stede het, se aanbiedings klink min of meer “medies” verwant, met vitamieninfusies vir jou hart, detoks, artritis en so aan. Jy kan kies tussen glutatioon, vitamien C, vitamien B6 piroksidien en EDTA, om enkeles noem, en jy word in hul private infusiesuites behandel.
Greenhouse Health in Pinelands,…
