Jelliebabas het ’n vreemde nuwe dimensie: dit is nou moontlik om hulle van menslike gelatien te maak … wat hulle alte veel meer mens maak as waarmee mense gemaklik is. Gelatien soos ons dit ken, word gekry deur die velle, pote, ore en naels van veral beeste en varke af te kook, ’n morsige, onaangename proses. Chinese navorsers het ’n nuwe tegniek ontwikkel waarmee hulle die menslike geen wat gelatienvervaardiging beheer in gisselle insit, wat dan in die laboratorium tonne suiwer, topgehalte gelatien maak. Ril jy? Komaan, dink daaroor: Jy gaan nie menslike vel, of ore soos met dierlike gelatien eet nie. Dit is maar net gekweekte gelatien. Daar is net ’n báie klein deeltjie van ’n menslike sel se DNS daarin – veel, veel minder as wat jy deur…