Vermy alle suiker en graanprodukte - dus brood, koekies, koeskoes, rys, aartappels en mieliemeel.
•
Sny alle verfynde koolhidrate uit en probeer eerder jou koolhidrate uit laekoolhidraatgroente kry.
•
Moenie buitensporig proteïene eet nie.
•
Hou op eet sodra jy versadig is.
•
Eet vet, maar maak seker dis die regte vet. Eerder olyf-, klapper-, makadamiaof avokado-olie, varkvet en diervette as saadolies soos van sonneblom, kanola, druiwepit of katoen.
•
Eet baie groen en blaargroentes, maar versigtig met vrugte vanweë die hoë suiker.
•
Vermy alle sojaprodukte met die uitsondering van MNG-vrye sojasous by geleentheid.
•
Suiwelprodukte is toelaatbaar, mits jy nie ’n reaksie teen laktose het nie, of ervaar dat dit jou gewigsverlies belemmer nie. En alles moet volroom wees.
•
Vermy geprosesseerde en voorafbereide kos en kies vleis…