Natasha Rightford is ’n gekwalifiseerde NeuroSoma® myo-terapeut in Suid-Afrika. Sy verduidelik: “Ek kry uitstekende resultate met die behandeling van sinusitis, hoofpyne en migraine,” sê Natasha. “Die volgende probleme hou dikwels verband met ’n permanent saamgetrekte spier: ’n pynlike skouer, knie, heup- of elmbooggewrig, ’n verskuifde werwel, geskeurde knieskyf, geskeurde mansjetskouer, sweepslagbesering, temporaal-mandibulêre gewrigs- en spierstoornisse, tinnitus, vertigo, tenniselmboog, karpale tonnelsindroom, rugpyn, artritis, heupjig en tendonitis. “Ek sien dat angsstoornisse verbeter wanneer die spiere om die hart sagter en soepeler word. Voorvalle van wegholhartkloppings verminder en die angsaanvalle neem af. “Spierdistrofie, fibromialgie, veelvuldige sklerose en Parkinson se siekte is ’n uitdaging om mee te werk. Ons werk met spesifieke simptome: as iemand byvoorbeeld voorwerpe laat val, behandel ons die handspiere. Hierdie stadige treetjies herstel dikwels mense se vertroue in hul liggaam…