“Ons gebruik nie graag die term ‘manlike menopouse’ nie – daar is nie ’n skielike staking van hormoonproduksie soos in die menopouse by vroue nie,” sê dr. Etienne Kok, Gautengse seksuoloog verbonde aan die Departement Urologie aan die Universiteit van Pretoria. “Daar is wel ’n groep mans wie se testes minder testosteroon begin produseer, wat tot simptome van testosteroontekortsindroom (TTS) lei: buierigheid, geïrriteerdheid, depressie, moegheid, verlies aan energie en lewenskrag, die vermindering van spierkrag, gewigstoename en vergeetagtigheid. Die sterkste simptoom is die verlies aan seksdrang en probleme met ereksies.
“Hoewel TTS depressie by mans kan veroorsaak, het ‘gewone’ depressie soortgelyke simptome. Daarom sal ’n man slegs testosteroonvervanging kry as ’n bloedtoets toon dat hy ’n lae testosteroonvlak saam met sy simptome het.
“Neem in ag dat depressie by mans nie…