Ada Grobler, kinesioloog en numeroloog van Johannesburg, werk daagliks met die verband tussen pyn en emosie. Kinesioloë gebruik spiertoetsing om probleme op verskillende gebiede te identifiseer. “Omdat ons liggaamselle neurologies met ons brein verbind is, ontlok die spiertoetsprotokol die brein se reaksie op stressors op fisieke, emosionele, verstandelike, biochemiese, omgewings- en ander vlakke. Sodra die stressors geïdentifiseer is, gebruik ons dieselfde toetstegniek om die beste maniere te kry om die stressors uit te skakel of te minimaliseer.
Dit bring die kliënt weer in balans en gee sy innerlike liggaamswysheid die geleentheid om genesing te bewerkstellig.” As ’n voorbeeld beskryf Ada een van haar kliënte se pad met fibromialgie, ’n aftakelende toestand wat wyd verspreide pyn, gewrigstyfheid, moegheid en slaapstoornisse insluit.
“Astrid*, ’n aantreklike vrou van iets oor die veertig, het…