JOU ENJIN Dink hartsake. Swak onderhoud hier loop op hartkwale, hoë bloeddruk, beroerte en erektiele disfunksie uit. Dit maak die meeste sterftes – 17% - uit. JOU VERGASSER, oftewel jou longe, want dit is waar jy die suurstof inneem wat jou enjin laat ontbrand (15% van sterftes). As jy hier jou motor te hard druk deur rook of blootstelling aan mynstof of TB, gaan jy sit met longkanker, asma, longinfeksie (4,4%), chroniese brongitis en emfiseem (2,5% vir die laaste twee) en tuberkulose (5,5%). JOU BAKWERK Roekelose bestuursgewoontes, geweld en selfmoord kan jou bakwerk lelik skaad. Jy kan afgeskryf word - een uit elke tien mans sterf hierdeur. Herstelwerk is geweldig duur, en herstel jou meestal nie tot jou volle glorie nie. JOU ABS-REMSTELSEL Kankers ontstaan wanneer jou immuunstelsel nie sterk…