62 Die plaasmoordsyfer het vir die vyfde agtereenvolgende jaar toegeneem, aldus AfriForum. In 2014 is 61 plaasmoorde bevestig en teen Kersfees laas jaar het die plaasmoordsyfer vir die jaar al op 62 gestaan. Daar was wél minder plaasaanvalle, maar meer moorde. In 2014 is 279 aanvalle aangeteken en verlede jaar is 270 aanvalle tot voor Kersfees aangemeld. Die meeste moorde was in Gauteng (13), gevolg deur Limpopo (11) en KwaZulu-Natal (8). – AfriForum
33,3% Die rand het verlede jaar bykans ’n derde van sy waarde teenoor die dollar verloor en aansienlik bygedra tot die styging in brandstofpryse. Op 29 Desember 2014 het die rand teen R11,60 teenoor die dollar verhandel en op 29 Desember verlede jaar was dit R15,30. Weens pres. Jacob Zuma se optrede verlede maand het die rand…