WAT is die voordele vir Suid-Afrika om lid van Sadu te wees? Dít was die vraag wat Werner van Rooyen, bedryfshoof van die varsprodukte-uitvoerdersforum, Anton Kruger, uitvoerende hoof van die forum, en dr. Thomas Funke, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging, tydens ’n paneelbespreking op die Agbiz-kongres gevra het.
“Dit lyk asof Sadu ons terughou om handelsooreenkomste te beding,” het Kruger gesê.
Van Rooyen reken ’n kostevoordele-ontleding ten opsigte van Suid-Afrika se lidmaatskap van Sadu behoort gedoen te word. Sadu bestaan uit Suid-Afrika, Botswana, Namibië, Lesotho en Swaziland.
Volgens Elizabeth van Renen, ’n hoofdirekteur in die departement van handel, nywerheid en mededinging, kan Suid-Afrika nie op sy eie enige nuwe handelsooreenkomste beding nie, en hy moet dit as deel van Sadu doen. “Sadu as geheel moet ooreenkom en onderhandel. Wanneer…