LANDBOU-UITVOER én die landbou-handelsurplus het in 2022 ’n rekordhoogtepunt bereik, maar baie werk lê voor om dié kraglopie in 2023 te herhaal.
Met die bekendmaking van 2022 se handelsdata kan Suid-Afrika spog met landbou-uitvoer ter waarde van $12,8 miljard (R235,5 miljard) in 2022 – 4% hoër as die vorige jaar.
Mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die landbousakekamer Agbiz, sê in ’n markoorsig die vernaamste uitvoerprodukte was mielies, wyn, druiwe, sitrus, bessies, neute, appels, pere, suiker, avokado’s en wol. Die uitvoer was versprei oor verskeie markte. Afrika was die grootste mark, met 37% van uitvoer, gevolg deur Asië met 27%, die Europese Unie (EU) met 19% en die Amerikas met 7%. Die oorblywende 10% gaan na ander dele van die wêreld.
Afrika en Asië het ’n taamlike groot hoeveelheid mielies ingevoer,…