DUITSE SPIERKRAG
Die landboutoerustingvervaardiger Equalizer, met sy hoofkantoor in Brackenfell, Kaapstad, is deur die Duitse landboumasjinerievervaardiger Lemken oorgekoop. Dit gee die maatskappy ’n beduidende kapitaalinspuiting en toegang tot veel meer markte. Die maatskappy is in 2000 gestig en het reeds ’n teenwoordigheid in Australië. Mnr. Anthony van der Ley, hoofbestuurder van Lemken, sê die twee maatskappye se reekse werktuie is aanvullend, en hulle sal kundigheid deel “in alle aspekte van die besigheid, waaronder ingenieurswese, bemarking en verkope”. Lees meer op bl. 19.
KRAGSEKTOR VORDER
Vordering om Suid-Afrika se elektrisiteitsektor vir groter private deelname te open, bied ’n sprankie hoop te midde van volgehoue beurtkrag. Business Day berig dat wysigings aan die regulasies vir kragopwekkingslisensies middel Desember in die Staatskoerant afgekondig is, wat onder meer die kwytskelding van die vereiste vir…