INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,1%, of $0,35/t (R6,00/t), tot $260,62/t (R4 470/t) gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 14,7%, of $33,32/t (R571,47/t), hoër. Verwagte pryse: Maart – $262,67/t (R4 505/t), Mei – $263,92/t (R4 527/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 1,2%, of R63/t, tot R5 360/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met 1%, of R50/t, tot R5 100/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is witmielies 54,9%, of R1 900/t, duurder, terwyl geelmielies 38,3%, of R1 413/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Maart – R5 355/t, Mei – R4 783/t. Verwagte geelmieliepryse: Maart – R5 135/t, Mei – R4 620/t.
INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 2,5%, of $7,61/t (R130,52/t), tot $292,52/t (R5 017/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 5,2%, of…
