INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,5%, of $1,32/t (R22,00/t), tot $245,01/t (R4 084/t) gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 10,9%, of $24,06/t (R401,05/t), hoër. Verwagte pryse: September – $246,84/t (R4 115/t), Desember – $245,34/t (R4 089/t). PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 0,4%, of R16/t, tot R4 264/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met 0,5%, of R22/t, tot R4 248/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 29,4%, of R969/t, duurder, terwyl geelmielies 22,5%, of R781/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Sept. – R4 287/t, Desember – R4 354/t. Verwagte geelmieliepryse: Sept. – R4 275/t, Des. – R4 369/t.
INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,8%, of $2,38/t (R39,67/t), tot $286,06/t (R4 768/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 4,5%, of $12,43/t (R207,19/t),…