INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 2,9%, of $6,85/t (R111,77/t), tot $243,69/t (R3 976/t)) gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 11,6%, of $25,40/t (R414,45/t), hoër. Verwagte pryse: September – $250,54/t (R4 088/t), Desember – $251,72/t (R4 107/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 2,3%, of R98/t, tot R4 280/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 1,3%, of R56/t, tot R4 226/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 30,4%, of R997/t, duurder, terwyl geelmielies 23%, of R791/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: September – R4 300/t, Desember – R4 369/t. Verwagte geelmieliepryse: Sept. – R4 265/t, Des. – R4 344/t.
INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,1%, of $0,25/t (R4,08/t), tot $288,44/t (R4 706/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 7,4%, of $19,78/t (R322,74/t),…