INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 1,3%, of $3,00/t (R50,27/t), tot $231,61/t (R3 881/t) gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 6,9%, of $14,87/t (R249,18/t), hoër. Verwagte pryse: Sept. – $243,45/t (R4 080/t), Desember – $244,95/t (R4 105/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 3,2%, of R134/t, tot R4 335/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 4,2%, of R171/t, tot R4 285/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 34,8%, of R1 118/t, duurder, terwyl geelmielies 27,2%, of R915/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Sept. – R4 368/t, Desember – R4 436/t. Verwagte geelmieliepryse: Sept. – R4 346/t, Desember – R4 405/t.
INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 2,8%, of $8,38/t (R140,43/t), tot $287,56/t (R4 819/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 14,1%, of $35,55/t…
