INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,8%, of $2,49/t (R41,52/t), tot $294,16/t (R4 905/t) gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 11,8%, of $31,11/t (R518,76/t), hoër. Verwagte pryse: September – $250,07/t (R4 170/t), Desember – $246,21/t (R4 106/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 0,5%, of R21/t, tot R4 324/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met 1,1%, of R46/t, tot R4 280/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is witmielies 41,9%, of R1 276/t, duurder, terwyl geelmielies 34,6%, of R1 100/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Sept.
– R4 364/t, Des. – R4 405/t. Verwagte geelmieliepryse: Sept. – R4 330/t, Des. – R4 391/t.
INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 10,2%, of $33,82/t (R563,95/t), tot $299,28/t (R4 991/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 29,8%, of…
