INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 4,5%, of $13,72/t (R209,21/t), tot $318,10/t (R4 850/t) gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 32%, of $77,19/t (R1 177/t) hoër. Verwagte pryse: Mei – $311,64/t (R4 752/t), Julie – $310,06/t (R4 728/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 4,4%, of R181/t, tot R4 321/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 5,4%, of R229/t, tot R4 485/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 34,2%, of R1 100/t, duurder, terwyl geelmielies 32,9%, of R1 110/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Mei – R4 297/t, Julie – R4 350/t. Verwagte geelmieliepryse: Mei – R4 476/t, Julie – R4 505/t.
INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,6%, of $2,37/t (R36,14/t), tot $401,92/t (R6 129/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 63,4%,…
