HOEWEL die oppervlakteskatting vir somergewasse weens baie reën laer as die verwagtinge in Oktober verlede jaar is, is dit steeds meer as wat baie kenners verwag het.
Mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die landbousakekamer Agbiz, sê die oppervlakteskatting is ’n verligting vir baie waarnemers, Agbiz inkluis, omdat hulle minder aanplantings verwag het. Daar is ’n afname in die aanplantings van mielies, sorghum, grondbone en droëbone. Altesaam 21% meer sonneblomme is aangeplant as die vorige seisoen, op 580 000 ha. Die geskatte oppervlakte beplant met sojabone is 910 000 ha. Dit is ’n toename van 10,02% of 82 900 ha, en die grootste oppervlakte beplant met sojabone in Suid-Afrika se geskiedenis.
Wat kommersiële mielies betref, is die voorlopige oppervlakteskatting 2,6 miljoen ha – 5,3% of 145 700 ha minder as verlede…