Boere in die Wes-Kaap het in 2021 tot 7 t/ha van die koringkultivar SST0166 geoes, maar hul teelprogram gaan voort om die beste vir die gebied te ontwikkel, sê mnre. Driecus Lesch en Wessel Germishuizen van Sensako/Syngenta.
Lesch sê die nuwe kultivar, SST0187, waarvan ’n beperkte hoeveelheid saad in 2022 beskikbaar sal wees, het uitstekend gevaar in die nasionale kultivarproewe en Sensako se proewe in die Swartland en Rûens.
Dit is ’n medium- tot lang groeier, soos SST0117, met hoë opbrengspotensiaal, goeie siekteweerstand en weerstand teen uitloop. ’n Nuwe lang groeier, SST0208, sal in 2024 beskikbaar wees.
Die droëlandmoutgarskultivars Hessekwa, Elim en Kadie, en Overture en Genie vir die besproeiingsgebiede, is in dié stadium beskikbaar. Nuwe eksperimentele moutgarskultivars sal vanjaar in beperkte hoeveelhede beskikbaar wees, sê mnr. Daniel de Klerk,…
