Absa en ’n sagteware-ontwikkelaar van Israel het saamgespan om ’n slimfoontoepassing te ontwikkel wat landboufinansiering in Afrika ’n hupstoot kan gee.
Die toepassing, wat deur AvenewsGT ontwikkel is, maak dit moontlik om alle handelsdokumente, soos bestellings, fakture, betalings en sakekontrakte, intyds digitaal te verwerk. Sodoende kan ’n finansiële instelling, soos Absa, toepaslike finansieringsopsies bied wat gegrond is op betroubare en akkurate data.
In ’n webgesprek oor die toepassing het mnr. Shalom Ben-Or, uitvoerende hoof van AvenewsGT, die gebrekkige finansiering vir die landbousektor in Afrika beklemtoon.
“Ondanks die grootte en bydrae van Afrika se landbousektor verskaf finansiële instellings, soos banke, slegs 2-7% van die finansiering aan landbouondernemings. Dit lei tot ’n jaarlikse finansieringsgaping van $180 miljard (R2,722 biljoen) in die vasteland se landbouwaardeketting.”
Mnr. Tshepo Maeko, hoof van landbouverkope in Afrika…
