INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 3,8% tot $223,93/t (R3 424/t) gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 41,4% hoër. Verwagte pryse: Desember – $217,55/t (R3 327/t), Maart – $221,01/t (R3 379/t), Mei – $222,90/t (R3 408/t), Julie – $223,45/t (R3 417/t). PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 0,6% tot R3 345/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 1,4% tot R3 565/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 0,4%, of R49/t, goedkoper, terwyl geelmielies 6,8%, of R227/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Maart – R3 381/t, Mei – R3 276/t, Julie – R3 300/t. Verwagte geelmieliepryse: Maart – R3 580/t, Mei – R3 462/t, Julie – R3 440/t,
INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 3,4% tot $288,73/t (R4 415/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is…