INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 1,8% tot $209,42/t (R3 059/t) gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 30% hoër. Verwagte pryse: Desember –$211,88/t (R3 095/t), Maart – $215,03/t (R3 141/t), Mei – $216,60/t (R3 164/t), Julie – $216,53/t (R3 163/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 1,4% tot R3 130/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met 0,7% tot R3 258/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is witmielies 16,8%, of R630/t, goedkoper, terwyl geelmielies 9,8%, of R352/t, goedkoper is. Verwagte witmieliepryse: Maart – R3 153/t, Mei – R3 108/t, Julie – R3 081/t. Verwagte geelmieliepryse: Maart – R3 315/t, Mei – R3 219/t, Julie – R3 201/t.
INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 1,5%, of $3,95/t (R57,71/t), tot $271,65/t (R3 969/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n…
