INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 2,3% tot $210,54/t (R3 162/t) gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 42,8% hoër. Verwagte pryse: Des. – $213,38/t (R3 205/t), Maart – R216,68/t (R3 254/t), Mei – $218,57/t (R3 283/t), Julie – $218,57/t (R3 283/t). PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 3% tot R3 268/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 3,9% tot R3 450/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 4,6%, of R159/t, goedkoper, terwyl geelmielies 4,2%, of R139/t, goedkoper is. Verwagte witmieliepryse: Maart – R3 319/t, Mei – R3 218/t, Julie – R3 225/t. Verwagte geelmieliepryse: Maart – R3 476/t, Mei – R3 320/t, Julie – R3 344/t.
INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 2,3%, of $5,99/t (R89,97/t), tot $263,66/t (R3 960/t) teenoor die vorige week gestyg. Op…
