Landbou-organisasies, boereverenigings, ens., is welkom om die datums van hul byeenkomste aan ons te stuur vir publikasie in die Landboukalender. Stuur die besonderhede aan lbw@landbou.com
KONFERENSIES
16-17 SEPTEMBER: AgriTech 2021, Emperors Palace, Johannesburg. Onderwerpe wat bespreek gaan word, sluit in presisielandbou, water- en grondbestuur, landboutegnologie en kuberveiligheid.E-pos: kennedy@lead-africa.co.za, web: www.lead-africa.co.za
13-16 OKTOBER: Conexpo Africa 2021, Johannesburg. Werktuie, voertuie en produksiemiddele vir die landbou-, bosbou-, mynbouen boubedryf in Afrika suid van die Sahara. Web: www.bcafrica. com, e-pos: info@mm-sa.com, 011 476 8093.
SKOUE
6-10 SEPTEMBER: BKB-Afrika-Alleras-lewendehawe-ekspo (BKBALE), Afridome, Parys. Alle bees-, skaap-, bok- en pluimveerasse is welkom om te skou of uit te stal. Stefan Coetzee (beeste), 083 384 3675; Jan Mostert (kleinvee), 083 306 8408; Carla de Kock (ander navrae), 082 447 1650; e-pos: info@bkbale.co.za
15-18 SEPTEMBER: Heidelbergskou. Vic Brand, 063…