INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 11,9%, of $28,67/t (R410,90/t), tot $269,58/t (R3 864/t) gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 125,2%, of $149,84/t (R2 148/t), hoër. Verwagte pryse: Julie – $265,03/t (R3 798/t), September – $233,45/t (R3 346/t), Desember – $221,25/t (R3 171/t), Maart 2022 – R223,38/t (R3 202/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 1,4%, of R44/t, tot R3 265/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 1,1%, of R36/t, tot R3 411/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 28,4%, of R723/t, duurder, terwyl geelmielies 34,3%, of R871/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Jul. – R3 307/t, Sept. – R3 360/t, Des. – R3 445/t, Mrt. 2022 – R3 465/t. Verwagte geelmieliepryse: Jul. – R3 437/t, Sept. – R3 494/t, Des. – R3 566/t, Mrt. 2022…