INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 2%, of $4,43/t (R64,42/t), tot $221,19/t (R3 216/t) gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 70,3%, of $91,32/t (R1 327,89/t), hoër. Verwagte pryse: Mei – $226,76/t (R3 297/t), Julie – $220,70/t (R3 209/t), September – $200,15/t (R2 910/t), Desember – $194,64/t (R2 830/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 0,8%, of R25/t, tot R3 140/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 0,3%, of R10/t, tot R3 300/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 12,3%, of R440/t, goedkoper, terwyl geelmielies 17,2%, of R485/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Mei – R3 120/t, Jul. – R3 137/t, Sept. – R3 202/t, Des. – R3 280/t. Verwagte geelmieliepryse: Mei – R3 270/t, Jul. – R3 260/t, Sept. – R3 322/t, Des. – R3 399/t.…