OORVLOEDIG. Die verskil wat uitsonderlike reëns sedert middel Januarie aan Limpopo se damme gemaak het, is duidelik te sien uit veranderinge in die vlakke van die Tzaneendam op 2 September en 27 November teenoor 24 Februarie vanjaar. Teen druktyd was byna al Limpopo se damme tot oorlopens toe vol en vloei die water steeds in ná uitsonderlike goeie reën sedert middel Januarie. Al het die reën op plekke groot skade aangerig, het dit vir boere wat uit die Letabastelsel besproei, net betyds gekom. Teen einde 2020 was die Tzaneendam maar 10,5% en die Ebenezerdam 14,5% vol. Die Tzaneendam het op 22 Februarie begin oorloop en Ebenezer se vlak staan op 73%. Ander damme wat meer as 100% vol is, sluit die Albasinidam, De Hoopdam, Flag Boshielodam, Glen Alpinedam, Klaseriedam, Mokolodam,…