INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 2,3%, of $2,92/t (R48,65/t), tot $126,14/t (R2 102/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 21,3%, of $34,12/t (R568,51/t) laer. Verwagte pryse: September – $124,01/t (R2 066/t), Desember – $128,34/t (R2 138/t), Maart – $132,91/t (R2 215/t), Mei – $136,06/t (R2 267/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 1,5%, of R40/t, tot R2 680/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 2,3%, of R62/t, tot R2 743/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 6,9%, of R199/t, goedkoper, terwyl geelmielies 0,2%, of R6/t, goedkoper is. Verwagte witmieliepryse: Sept. – R2 705/t, Des. – R2 793/t, Mrt. – R2 800/t, Mei – R2 661/t. Verwagte geelmieliepryse: Sept. – R2 775/t, Des. – R2 863/t, Mrt. – R2 858/t, Mei…