INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 2,8%, of $3,55/t (R60,87/t), tot $131,66/t (R2 258/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 20,8%, of $34,60/t(R593,31/t) laer. Verwagte pryse: Julie – $134,80/t (R2 312/t), September – $135,03/t (R2 315/t), Desember – $138,97/t (R2 383/t), Maart – $143,46/t (R2 460/t). PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 4,6%, of R114/t, tot R2 599/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 4,6%, of R120/t, tot R2 707/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 11,7%, of R344/t, goedkoper, terwyl geelmielies 4,4%, of R124/t, goedkoper is. Verwagte witmieliepryse: Augustus – R2 617/t, Desember – R2 733/t, Maart – R2 760/t. Verwagte geelmieliepryse: Augustus – R2 730/t, Desember – R2 845/t, Maart – R2 870/t.
INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,8%,…