INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 4,7%, of $6,56/t (R119,60/t), tot $133,49/t (R2 434/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 6,2%, of $8,80/t (R160,43/t), laer. Verwagte pryse: Mei – $130,07/t (R2 371/t), Julie – $132,36/t (R2 413/t), September – $134,32/t (R2 449/t), Desember – $137,63/t (R2 509/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 7,7%, of R280/t, tot R3 350/t, teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met 4,1%, of R112/t, tot R2 842/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 23,7%, of R642/t, duurder, terwyl geelmielies 9,4%, of R244/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Mei – R2 849/t, Jul. – R2 661/t, Sept. – R2 720/t, Des. – R2 809/t. Verwagte geelmieliepryse: Mei – R2 820/t, Jul. – R2 818/t, Sept. – R2 840/t, Des.…