INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met met 0,7%, of $1,09/t(R17,65/t), tot $148,04/t (R2 398/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 5,5%, of $7,73/t (R125,19/t), hoër. Verwagte pryse: Mei – $144,25/t (R2 336/t), Julie – $145,35/t (R2 354/t), September – $145,11/t (R2 350/t), Desember – $146,84/t (R2 378/t). PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 0,2%, of R6/t, tot R2 940/t, teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 0,2%, of R6/t, tot R2 595/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 2,5%, of R71/t, duurder, terwyl geelmielies 2,4%, of R63/t, goedkoper is. Verwagte witmieliepryse: Mei – R2 513/t, Jul. – R2 382/t, Sept. – R2 430/t, Des. – R2 530/t. Verwagte geelmieliepryse: Mei – R2 533/t, Jul. – R2 532/t, Sept. – R2 577/t, Des.…