TEGNOLOGIE
VERMINDER RISIKO’S DEUR AFSTANDSWAARNEMING
Standard Bank bied aan boere twee nuwe satellietgebaseerde oplossings vir afstandswaarneming, naamlik Contour en GRID.
Contour is ’n digitale platform, beskikbaar op selfone en rekenaars, wat presisieboerderymiddels bied waarmee boere inligting kan verkry oor die toestand van hul gewasse.
Mnr. Nico Groenewald, hoof van Standard Bank Landbou, sê dié inligtingsplatform vir afstandswaarneming is toegerus met ’n volledige stel landmoniteringstoerusting wat help om risiko’s te verminder en opbrengs te verbeter deur bedrywighede te optimaliseer.
Deur algoritmes wat beelde ontleed en vertolk, stel Contour data oor plaaslike weerstoestande, landerye se toeganklikheid en blaarvogtigheid beskikbaar, terwyl dit ook optiese satellietmonitering verskaf van die gebied waar geplant is en die groeivordering daar. Dié tegnologie stel boere in staat om groeistadiums te evalueer, opbrengs te voorspel en mettertyd gewasproduksie te…