INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 6,8%, of $10,85/t (R165,74/t), tot $148,10/t (R2 262/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 12%, of $17,00/t (R259,69/t), hoër. Verwagte pryse: September – $146,13/t (R2 232/t), Desember – $149,99/t (R2291/t), Maart ’20 – $154,56/t (R2 361/t), Mei ’20 – $157,55/t (R2 407/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 1,9%, of R57/t, tot R2 935/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met 2,3%, of R64/t, tot R2 772/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is witmielies 23,2%, of R553/t, duurder, terwyl geelmielies 12,5%, of R307/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Sept. – R2 951/t, Des. – R3 042/t, Mrt, ’20 – R3 067/t, Mei ’20 – R2 792/t. Verwagte geelmieliepryse: Sept. – R2 780/t, Des. – R2 848/t, Mrt. ’20…